click below
click below
Normal Size Small Size show me how
maaltyd
gedig
Question | Answer |
---|---|
toon | verlangend ernstig nostalgies |
stemming | emosioneel |
digvorm | 4 kwatryne en kruisrym struktuur en strofebou pas by die ordelikheid, presiesheid en netheid van die ma |
tema | Die kringloop/verloop van die lewe: jeug, word ouer, kragte neem af, verganklikheid (dood). Herinneringe van die spreker oor etenstye saam met sy ma. |
boodskap | mooi dinge in die lewe word blywende herinneringe. Tradisies sorg vir spesiale herinneringe en gee betekenis aan die lewe. Sorg ook vir eenheid en stabiliteit |
"ou moeder" r1 dubbel betekenis | spreker se ma is oud OF troetelnaam vir sy ma |
r1-2 | tafelklokkie word beskryf. ʼn Klokkie is stylvol en deftig/formeel, goeie etiket. Die spreker sien in die koperklokkie ʼn beeld van sy oorlede moeder (metafoor). |
“staan hande gevou” r2 | sinekdogee - staan asof sy bid. net die belangrikste word genoem terwyl die geheel bedoel word. |
"koperklokkie" r3 | spreker se ma word metafories gelykgestel aan klokkie -metaforiese verwantskap word konkreet –vorm, kleredrag, gevoude hande klokkie is in vorm van wye hoepelrok,die kleredrag van die ou dae en suggereer dat die gaste deftig aangetrek is v ete |
rymende 'ie'-klanke | deftigheid en belangrikheid word beklemtoon |
"gevou" en "nou" rym | beklemtoon die gedagte dat daar by elke maaltyd gebid word. |
“smôrens, smiddags en vir nou” progressie | “nou” kan op aandete dui; suggereer ook dat dit nie net in die verlede was nie, maar dat sy ma steeds in sy gedagtes by hom is |
"Die blou bord en die skoon servet" r5 | spreker onthou nou hoe die tafel gedek was: deftige en stylvolle kleredrag val binne die geheelpatroon van die dekor |
“helder bril” –letterlike betekenis r6 | bril is mooi skoon |
“helder bril” –figuurlike betekenis r6 | ma het ʼn helder uitkyk op die lewe gehad |
"helder bril" r6 metafoor | moeder het positiewe uitkyk op lewe gehad |
“helder bril” en “oop Bybel” r6 | getuig van haar godsdienssin |
"haar groot portret" r7 | vroeëre gebruik van familieportrette wat teen die mure hang. Sy ma se portret (foto) is nou teen sy muur en verbind hom aan haar |
"vasgeknoop" r8 | alle dinge wat spreker van sy ma onthou en waardeer, hou hom vas aan sy ma. Hy koester die herinneringe ruimte van eetkamer en dekor word beskryf juis om te wys hoe haar teenwoordigheid steeds sentraal staan. godsdienssin is haar uitstaande kenmerk |
r5-8 eindrym | dien as bindingsmiddel |
"servet" en "portret" | beklemtoon deftigheid |
"oop" en "vasgeknoop" | wys dat veral die godsdiens die spreker aan sy ma laat dink |
"gladde, blink buffet" - metafoor | bevestig ma se netheid en presiesheid |
r10 -11 | spreker sien haar beeld in glans v buffet terwyl seëngebed voor ete gebid word. beklemtoon seun se herinneringe aan sy ma Godsdiens: klokkie (metafories: ma) blink in seëngebed; ma is nie net uiterlik skoon, maar ook geestelike lewe getuig v heiligheid |
g-alliterasie, s-alliterasie en leestekens r10-11 | vertraag tempo |
"wasige damp" r12 | beeld van die moeder word dowwer, herinneringe word vaag. halfrym ondersteun die vae herinneringe. |
strofe 3 | skyn sy (klokkie/moeder) betekenisvol in seëngebed. Haar beeld maak hier mees glansende verskyning. Al is sy reeds dood, is dit asof sy in die atmosfeer teenwoordig is. Klokkie op buffet roep al spreker se beelde van sy ma by hom op. |
paradoks r10-12 | lyk spreker se mavaag is, maar die spreker se godsdienstige herinnering aan sy moeder is helder (r10 tot 12) en word versterk deur die eindrym (lamp en damp) |
"goud", "silwer", "koper" r13-14 | kringloop v lewe word aan die hand v die verkleuring v die klokkie metafories illustreer. die ma was eers goud (kosbaar, jonk), later silwer (grys), nou is sy koper (afgetakel/ dood), soos jare aangaan, word sy ouer en het minder krag. |
herhaling van "steeds"/ "nou" r4, 8, 11, 12, 14 | beklemtoon dat die tradisies die herinneringe helder hou. |
s-alliterasie strofe 3 | word voortgesit en dien as bindmiddel |
enjambement "skilfer af" | beklemtoon verloop v tyd en beweging |
"grasgroenspaan" r16 (metafoor) | (groen neerslag op koperware wat lank aan lug blootgestel is) is metaforiese beeld v klokkie wat deur ontbinding/roes tot vergetelheid gedoem is, maar elke keer wat klokkie lui, word dit in ere herstel en tot nuwe lewe gewek. |
ellips/ beletsel r16 | dui op voortdurende aftakelingsproses |
Voorplasing (woordorde) van “af” | beklemtoon aftakeling |
strofe 4 | Slegs enkele herinneringe van die ma het oorgebly. klokkie word nie meer gereeld skoongemaak nie - met elke ete se gebruik “skilfer” die “grasgoenspaan” af wat die moeder se herinneringe helderder op die voorgrond bring |
tydsprogressie | klokkie se kleur verander - goud, silwer, koper so het ma ouer geword en herinneringe het vervaag. Tydsprogressie word verder bevestig deur “eers”, “later”, “nou” |
waarom het digter die titel gekies | hy sien klokkie op tafel, dit bring herinneringe terug van sy ma en hul maaltye saam |
watter verband is daar tussen titel en r4? | dui op 3 maaltye van dag |
etenstye in spreker se huis was smaak- en stylvol. motiveer waarom hierdie waar is | ete was met klokkie aangekondig en tafel was deftig gedek |
benoem en verduidelik beeldspraak van koperklokkie | metafoor klokkie is ma |
"die helder bril, die Bybel oop" r6 bespreek letterlike en figuurlike betekenis van "helder bril" | letterlik - bril mooi skoon figuurlik - ma het helder uitkyk op lewe gehad |
dink jy spreker se ma was godsdienstig? motiveer met 2 aanhalings | ja "hande gevou"; "Bybel oop"; "seengebed" |
Benoem die beeldspraak in strofe 1 en verklaar die funksie daarvan. | metafoor Die ou moeder se netjiese voorkoms lyk net soos die tafelklokkie wat in die vorm van ʼn netjies geklede dame is |
Verklaar waarom die "vir nou" r 4 ongewoon is en haal ʼn frase uit strofe 3 aan om jou antwoord te staaf. | r4 verwys na maaltye in die dag naamlik ontbyt, middagete en dan sou ʼn mens die woord saans verwag, die woorde vir nou staan in die plek van saans/aandete “skerp lig van die lamp” |
r7 Watter verstegniese (retoriese) middel word gebruik om die spreker aan sy moeder vas te knoop? | enjambement |
strofe 2 Noem TWEE items wat die spreker aan sy moeder “vasgeknoop” hou en dui aan hoe dit by die tema van die gedig aansluit. | blou bord / servet / bril / Bybel / portret tema van die gedig is objekte wat ons aan ons moeder herinner, net so herinner hierdie items die spreker aan sy moeder. |
Dink jy ʼn ander tipe strofebou en rymskema sou hier meer gepas wees? Motiveer. | strofebou en rymskema is geslaagd, want dit sluit aan by die presiesheid van die ma |
Watter stemming oorheers in die gedig? | nostalgies/ emosioneel/ verlangend |